Wednesday, 18 September 2013



Ek het blomme gesien van die mooiste kleure.Bome…. groen en groot voor my uitgestrek. Die blou lug het die mooiste agtergrond geskep.
Voor  jy dink dis ‘n liefdeservaring, laat ek gou die storie regkry. Dit was my eerste ervaring op Kaapse Skiereiland Universeteit Van Tegnologie. Die eerste dag toe ek deur daardie hekke loop… dit was onbesrkyflik mooi.

Alles hier binne in my was reg om te begin met ‘n nuwe hoofstuk in my lewe. My skoolloopbaan is een hoofstuk agter my rug en nou Kaapse Skiereiland Universeteit Van Tegnologie , universiteits lewe, hier kom ek!!! Ek het genoeg adrenalien gehad vir almal wie daar was.

Dit het so gou gebeur. Adrenalien was gou droog gesuig. Dit het nou net plek gemaak vir kopsere, take, praktiese onderwys, leerplanne  , take, take en nog take! Die dae het verskriklik gou verby gegaan.
En hoekom, vra jy, is ek nog steeds hier?

Vriendskap.
 
Dit is hier waar ek vriende ontdek het wie dit alles die kopsere werd maak.

Daar is mense wie gou in jou hart kan kruip deur klein goedjies te doen wat ‘n groot impak in jou lewe maak. Dit is deur hierdie besondere mense dat ek ontdek het dat vriendskap gaan oor om daar te wees vir mekaar. Een dag is dit jou beurt om op te beur en die volgende dag moet jy opgebeur word.

Winter het gekom...
 Die blomme en bome het hul kleur verloor maar die vrienskap het gebly deur dik en dun oftewel deur somer en winter! 

2 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    1. op Kaapse... - op die Kaapse...
    2. almal wie daar was - almal wat daar was.
    3. verbygegaan - een woord
    4. wie dit alles die kopsere werd maak. - wat al die kopsere die moeite werd maak

    ReplyDelete
  2. Hello vriendin!:) Ek het daarvan gehou om die 'blog' van jou te lees!! Welgedaan jong dame!! ek miss jou.. mwah!:)x

    ReplyDelete