Wednesday 28 August 2013

'n Ontdekking wat my lewe verander het!



My naam is Yusra Adams. Ek is twintig jaar oud en 'n bietjie aan die kort kant; iets wat ek onlangs uitgevind het toe ek by 'n laerskool lesse gaan lewer het. Die graad drie is wragtig my grootte. Hulle groei eerder te vinnig of ek het  te gou gestop. Op die eerste oogopslag, kom ek voor as iemand wat baie skaam en saggesproke is. Gee my net 'n bietjie meer tyd en jy sal gou agterkom dat ek aanmekaar babbel!
Ek hou van swem , om tyd te spandeer met my familie en lees,lees en nog lees!

Ek word die meeste geraak deur boeke wat die leser inspireer om hoogtes te bereik wat jy nie geweet het bestaan nie;soos stories wat jou in jou diepste raak.Boeke gee my die vryheid om in 'n wêreld te gaan waar daar niks kommer en spêrdatums is nie.

Om ‘n student te wees is glad nie maklik nie. Dit neem baie van jou tyd op en ‘n goeie boek is altyd welkom. Dit laat my toe om te vergeet van leerplanne, evaluasies en werk!
Na matriek het ek  ‘n jaar by Darun Na’im ( Instituut van Islam) gestudeer. Hier het ek my tog begin en min het ek geweet hoe dit my hart sal affekteer...

Ons praat weer!
Yusra Adams