Monday 23 September 2013

Hoe om ‘n goeie vriend/vriendin te wees:




Eendag het ek op ‘n gesegde van Walter Winchell afgekom wat soos volg lees: “A real friend is one that walks in when the rest of the world walks out.” 

Ons is almal daarvan bewus dat almal foute het, maar tog het ons mekaar nodig om deur die lewe te gaan. Daar is niks so lekker as om met ‘n wildvreemde persoon te verbind en net jouself te wees nie. Ek glo daar moet sekere reëls gevolg word om boesemvriende te kan wees. Hier volg my lysie:


       1.     Wees eerlik met mekaar
·         Al maak die waarheid seer, weet jy jou vriend/in bedoel goed en kyk in jou belange.
2.     Het groot ore
·         Nog voor jy advies kan gee, moet jy eers goed kan luister.
3.     Respekteer mekaar
·         Aanvaar jou vriend/in vir wie hy/sy is en moet nie probeer om hom/haar te verander nie.
4.     Behou jou beloftes
·         Dit is ‘n teken van goeie karakter as jy jou beloftes behou wat jy maak.
5.    Vergewe en vergeet
·         Almal maak foute en dis deur dat ons mekaar kan vergewe dat ons die waarde van vriendskap kan ontdek.



Laaste, maar nie die minste nie, sakke,sakke vol liefde. Jy gaan dit nodig hê!

Wednesday 18 September 2013



Ek het blomme gesien van die mooiste kleure.Bome…. groen en groot voor my uitgestrek. Die blou lug het die mooiste agtergrond geskep.
Voor  jy dink dis ‘n liefdeservaring, laat ek gou die storie regkry. Dit was my eerste ervaring op Kaapse Skiereiland Universeteit Van Tegnologie. Die eerste dag toe ek deur daardie hekke loop… dit was onbesrkyflik mooi.

Alles hier binne in my was reg om te begin met ‘n nuwe hoofstuk in my lewe. My skoolloopbaan is een hoofstuk agter my rug en nou Kaapse Skiereiland Universeteit Van Tegnologie , universiteits lewe, hier kom ek!!! Ek het genoeg adrenalien gehad vir almal wie daar was.

Dit het so gou gebeur. Adrenalien was gou droog gesuig. Dit het nou net plek gemaak vir kopsere, take, praktiese onderwys, leerplanne  , take, take en nog take! Die dae het verskriklik gou verby gegaan.
En hoekom, vra jy, is ek nog steeds hier?

Vriendskap.
 
Dit is hier waar ek vriende ontdek het wie dit alles die kopsere werd maak.

Daar is mense wie gou in jou hart kan kruip deur klein goedjies te doen wat ‘n groot impak in jou lewe maak. Dit is deur hierdie besondere mense dat ek ontdek het dat vriendskap gaan oor om daar te wees vir mekaar. Een dag is dit jou beurt om op te beur en die volgende dag moet jy opgebeur word.

Winter het gekom...
 Die blomme en bome het hul kleur verloor maar die vrienskap het gebly deur dik en dun oftewel deur somer en winter! 

Wednesday 4 September 2013

My liefde vir Arabies




Die ontdekking van die skatte van my hart.
Ek wou altyd arabies studeer maar ek was nie seker of dit die regte keuse sou wees nie.  Familielede wou hê ek moet aansoek doen by ‘n universiteit terwyl ek iets anders wou doen. Ek het altyd gedink dat as ek nie universeteit toe gaan nie, sou almal dink dat ek nie slim genoeg is nie . My kop was vol dinge van wat ander mense sou sê en hoe hulle sal voel. Dit was ‘n bietjie moeilik vir my om te besluit omdat ek almal gelukkig wou maak.

Soms het ek nagte op gesit en gedink: “hoekom doen ek die aan myself?”.Ander mense kan my eerder sleg laat voel of ek kan myself gelukkig maak. Watter een het ek gekies? Defnetief die tweede een!  Ek was in daardie stadium vas gevang met die idée dat ek alles weet. Soos die dae verby gegaan het,het ek uitgevind dat ek  eintlik niks weet nie. Daar was soveel aspekte in die lewe waarvan ek nie bewus was van nie. 

Die ontdekking van die skatte van my hart.
Op hoêrskool het ek baie ander vakke gestudeer en dit het die vak van arabies ‘n bietjie moeilik gemaak. Ek kon niks van die taal verstaan nie. Op een punt het ek gevoel asof ek net wou uit bars van die huil! Verlede jaar was dit soveel beter. Ek het dit geniet en kan jy glo dat ek weer wou huil?! Hoekom mag jy weet, want ek kon skielik alles verstaan. In woorde kan ek dit nie beskryf nie , maar glo my as ek vir jou sê, probeer dit!

Die person wat my regtig geinspereer om my droom te volg was my ma. Sy sou my altyd herinner dat ek die een is wat die werk sou moet doen en niemand anders nie so dit sou beter wees as ek iets kies waarvan ek lief is voor.  Arabies is die taal  waarheen ek was en nog steeds dol oor is.