Wednesday, 4 September 2013

My liefde vir Arabies




Die ontdekking van die skatte van my hart.
Ek wou altyd arabies studeer maar ek was nie seker of dit die regte keuse sou wees nie.  Familielede wou hê ek moet aansoek doen by ‘n universiteit terwyl ek iets anders wou doen. Ek het altyd gedink dat as ek nie universeteit toe gaan nie, sou almal dink dat ek nie slim genoeg is nie . My kop was vol dinge van wat ander mense sou sê en hoe hulle sal voel. Dit was ‘n bietjie moeilik vir my om te besluit omdat ek almal gelukkig wou maak.

Soms het ek nagte op gesit en gedink: “hoekom doen ek die aan myself?”.Ander mense kan my eerder sleg laat voel of ek kan myself gelukkig maak. Watter een het ek gekies? Defnetief die tweede een!  Ek was in daardie stadium vas gevang met die idée dat ek alles weet. Soos die dae verby gegaan het,het ek uitgevind dat ek  eintlik niks weet nie. Daar was soveel aspekte in die lewe waarvan ek nie bewus was van nie. 

Die ontdekking van die skatte van my hart.
Op hoêrskool het ek baie ander vakke gestudeer en dit het die vak van arabies ‘n bietjie moeilik gemaak. Ek kon niks van die taal verstaan nie. Op een punt het ek gevoel asof ek net wou uit bars van die huil! Verlede jaar was dit soveel beter. Ek het dit geniet en kan jy glo dat ek weer wou huil?! Hoekom mag jy weet, want ek kon skielik alles verstaan. In woorde kan ek dit nie beskryf nie , maar glo my as ek vir jou sê, probeer dit!

Die person wat my regtig geinspereer om my droom te volg was my ma. Sy sou my altyd herinner dat ek die een is wat die werk sou moet doen en niemand anders nie so dit sou beter wees as ek iets kies waarvan ek lief is voor.  Arabies is die taal  waarheen ek was en nog steeds dol oor is.


3 comments:

  1. Ek dink dat jy die regte keuse gemaak het om Arabies te studeer agter matriek. Ek het net so 'n groot liefde vir dit!! Soms dink mense dat jy 'n slegte keuse maak en dan eintlik is dit die beste keuse wat jy al ooit gemaak het. Jy moet keuse maak wat jou gelukkig gaan maak want jy moet uitkyk vir jou eie gelukkigheid.

    ReplyDelete
  2. Enkele opmerkings:

    1. nagte op gesit - nagte omgesit
    2. die aan myself - dit aan myself
    3. vasgevang - een woord
    4. waarvan ek nie bewus was van nie - waarvan ek nie bewus was nie.
    5. person - persoon
    6. waarvan ek lief is voor - waarvoor ek lief is.
    7. taal waarheen ek was - ?

    ReplyDelete