Wednesday 2 October 2013

My ervaring van die 'blog'



Toe die ‘blog’ aan ons verduidelik was,het ek gedink dit sou baie maklik en interesant wees om van ander mense te leer en hulle goed te lees.
Dit was wonderlik om ons eie onderwerp te doen, besluit watter kleur en foto ons wou gebruik. 

Die meer feit dat dit ‘n weeklikse taak is, bly dit in jou gedagtes totdat jy dit agter die rug gekry het en geskryf het. Was dit iets waar jy gou jou gedagtes in ‘n dagboek kon skryf sonder enige moeite, sou dit makliker  gewees het.

Die meer feit dat jy ‘n tema moes volg was dit glad nie so maklik nie en ‘n bietjie irriteerend. Daarom moes ek seker maak dat ek ‘n tema volg waarvan ek baie kon skryf.

Aan die positiewe kant, het ek baie geleer deur hierdie inskrywings van die ‘blog’ . Dit het my partykeer terug gevat na die oomblikke wat na aan my hart is.
Baie van die mense se ‘blogs’ was mooi en die dinge waarvan hulle geskryf het, het my beslis laat lag! So dit was nie so erg nie. Ek sou eendag weer wou ‘blog’, maar net as ek vrye tyd het! Daarom is ek net bly dat dit nou klaar is. Vakansie, hier kom ek!!!