Monday 23 September 2013

Hoe om ‘n goeie vriend/vriendin te wees:




Eendag het ek op ‘n gesegde van Walter Winchell afgekom wat soos volg lees: “A real friend is one that walks in when the rest of the world walks out.” 

Ons is almal daarvan bewus dat almal foute het, maar tog het ons mekaar nodig om deur die lewe te gaan. Daar is niks so lekker as om met ‘n wildvreemde persoon te verbind en net jouself te wees nie. Ek glo daar moet sekere reëls gevolg word om boesemvriende te kan wees. Hier volg my lysie:


       1.     Wees eerlik met mekaar
·         Al maak die waarheid seer, weet jy jou vriend/in bedoel goed en kyk in jou belange.
2.     Het groot ore
·         Nog voor jy advies kan gee, moet jy eers goed kan luister.
3.     Respekteer mekaar
·         Aanvaar jou vriend/in vir wie hy/sy is en moet nie probeer om hom/haar te verander nie.
4.     Behou jou beloftes
·         Dit is ‘n teken van goeie karakter as jy jou beloftes behou wat jy maak.
5.    Vergewe en vergeet
·         Almal maak foute en dis deur dat ons mekaar kan vergewe dat ons die waarde van vriendskap kan ontdek.



Laaste, maar nie die minste nie, sakke,sakke vol liefde. Jy gaan dit nodig hê!

2 comments:

  1. Baie dankie vir die inligting ek dink dat meer van mense moet dit lees!

    ReplyDelete
  2. Enkele opmerkings:

    1. kyk in jou belange. - dra jou belange op die hart
    2. Het groot ore - Hê groot ore
    3.deurdat - een woord

    ReplyDelete